Donderdag 20 April 2017

Waarom raak tieners betrokke by dwelms

Hoekom raak jongmense by dwelms betrokke? Redes hoekom hulle dit enigsins oorweeg het.
Groepsdruk:  Vriende wat saam kuier en uithang by diskoklubs, ens.; in omstandighede waar die ritme en polsslag van die musiek jou nie meer helder laat dink nie; en dit fun kan wees om dwelms wat jou aangebied word te gebruik; ten einde ‘n high te bereik.  Dit is ‘n euforiese toestand wat alle inhibisies uitwis en lei tot seksuele losbandigheid.  Selfs as jy kuis is en kuis lewe sal die gebruik van dwelms soos alkohol jou teen jou sin dinge laat doen wat jy as jy nugter is, nie sal doen nie.  Jy word blootgestel aan groepsaktiwiteite soos gang-rape waar die individu dink hy/sy dra geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid nie.  100% van die slagoffers kan die volgende oggend nie eens ‘n verslag gee wat regtig met hom/ haar gebeur het nie.  Daar is net ‘n gat in die geheue.  Dwelms wis kortermyn eheue uit.
Verveeldheid:  Hier is die ou spreekwoord steeds waar: Ledigheid is die Duiwel se oorkussing.  Ten spyte van al die moderne tegnologie en dinge waarmee die jongmens hom/haar kan besig hou, is hulle steeds verveeld (bored) met hulle self en hulle omstandighede.  Hulle soek na iets meer, ‘n kick in die lewe.  Dit lei daartoe dat kinders iets nuuts wil probeer; en as hulle energie nie reg gekanaliseer word nie, raak hulle by verkeerde dinge betrokke, wat dwelms insluit.  Hierdie toestand kom veral by hoër sosiale klasse voor, waar kinders genoeg geld ook tot hulle beskikking het, en dit kan bekostig om hulleself in plekke te bevind waar dwelms ens. beskikbaar is om mee te eksperimenteer.
Onkunde:  Die meeste jongmense raak by dwelms betrokke omdat hulle dink dit is onskuldig:  Think its going to be fun  om dan later tot hul spyt agter te kom:
– but it was actually all the opposite of fun.
– It’s about doing the wrong thing at the wrong time
– It’s definitely  a dangerous road to go down
– It’s like playing Russian Roulette with your life – you actually have no idea of   what you are getting yourself into. 
> Hierdie is ‘n paar aanhalings van jongmense wat sê, moet eerder glad nie by dwelms betrokke raak of begin om daarmee te eksperimenteer nie.
Jy HET NIE ‘N IDEE wat dit aan jou doen tot jy dit gebruik en jy daarmee saam in die hel draai!  Daar is bitter min jongmense, wat daardeur is en nog lewe of by hulle verstand is, om hulle verhaal met ons te kan deel.
Emosionele onstabiliteit:
Die mens is ‘n emosionele wese, wat sy wêreld rondom hom/haar, nie net fisies beleef en beskou nie, maar ook op ‘n geestelike en emosionele vlak.  Veral jongmense wat op die drumpel van kindwees en grootmens is (puberteit), beleef gevoelens en emosies wat hulle nie altyd verstaan nie.  In ons moderne wêreld waar die sogenaamde perfekte lewe onrealisties in die media, soos die t/v; internet en tydskrifte voorgestel word, beland jongmense wat drome het oor hulleself en hulle toekoms baie keer in ‘n spiraal van emosionele denke, wat hulle sukkel om vir hulself uit te sorteer.  In ‘n lewe waar ouers spartel om materieel te oorleef verloor ons baie keer onsself en ons kinders.  Is ons baie keer nie bewus daarvan as ons kinders met ‘n probleem in hulleself worstel nie.  Is daar nie meer tyd om as gesin om die tafel te sit en in mekaar se lief en leed te deel nie.
Dit is dan wanneer jongmense soms ‘n uitweg soek op verkeerde plekke of maniere. Soek hulp as jy worstel met die volgende in jou lewe:
* As dit vir jou voel jy wil ontvlug van die werklikheid en omstandighede rondom jou.  Om by dwelms betrokke te raak is nie die antwoord nie!  Dit kom neer op selfmoord neigings en is presies waar die meeste van jongmense opeindig wat daarby betrokke raak.
– It’s cool and help to escape from reality, but it is a dangerous road to go down!
Daar is iemand wat sal luister as jy hulp soek.
Praat met jou ouers, jou predikant, jou onderwyser; mense met lewensondervinding; ons wil jou graag help!
* As dit vir jou voel jou probleme raak te veel vir jou en jy kan dit nie self meer hanteer nie.  Jy kyk net te veel teen jou probleem vas en sien nie die oplossing reg langs dit raak nie.  Dit is dan wanneer ‘n persoon wat objektief buite jou probleem staan; dalk net aan jou ‘n ander perspektief kan gee.  Moenie uitstel nie!  Soek hulp en praat oor jou probleem.
Daar is iemand wat sal luister!
* Wanneer jy te veel aggressie beleef. Aggressie is nie altyd verkeerd nie maar moet reg gekanaliseer en beheer word. Sorteer die rede vir jou aggressie uit; wat gewoonlik frustrasies is wat jou magteloos laat voel.
‘n Mens kan baie meer uitrig in jou lewe deur die regte ingesteldheid en positief oor jouself en ander te dink. Eerder as om alles met geweld te wil regmaak, of ontvlugting te soek in iets soos dwelms en drank.
Dominee Appelgryn het hierdie laaste opmerking in sy verslag aangeteken: Elkeen van ons kom op ‘n bepaalde dag en uur in hierdie lewe; soos deur God bepaal.  Hy as ons Skepper en Verlosser is ook die Voleinder van ons lewens.  Dit wil sê, Hy bepaal ook die dag en uur wat ons uit hierdie lewe gaan.  Hy gee aan ons as Sy kinders egter ook ‘n verantwoordelikheid.  Tussen die uur van geboorte en dood staan elke mens in vier verhoudings:
> In die eerste plek staan jy in verhouding tot jouself.
Hoe sien jouself?  Hoe werk jy dinge vir jouself uit?  Het jy ‘n persoonlike verhouding met jouself, soos wat jy met Jesus Christus het?
>Tweedens staan jy in verhouding tot ander; jou medemens.
Hierdie verhouding begin by ons gesin, ons ouers en kinders, maar brei ook uit na hulle wat die Here oor ons pad bring in die lewe; hetsy by die skool, die werk of op straat.
> Derdens staan jy in verhouding tot materiële dinge.
Jou besittings in die lewe.  Hoe gebruik jy dit wat die Here vir jou gee; ook om ander te help en Hom daardeur te ken en te eer?  Dit moet beslis nie dien tot afgodery nie want dit ruïneer net ons lewens.
> Laastens staan ons in verhouding tot die Opperwese.
Vir ‘n kind van die Here is hierdie verhouding die belangrikste;  want jou verhouding met God-Drie-Enig, bepaal en deurgrond al die ander verhoudings in jou lewe!  In alles wat jy jou in begeef, sal jy dan eers denke gee aan wat dit aan jou verhouding met jou Skepper en Verlosser maak. Ken Hom in al jou weë! Bestudeer sy Wil vir jou in Sy Woord en soek elke dag na Sy aangesig in jou lewe.  Alleen daarin lê daar vir ons ‘n seënvolle toekoms.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking