Maandag 29 Mei 2017

Waarom doen mense dit?

HELLO allmal my naam is annetjie ek het ook die probleem gehaat en ek het my ook gesny maar ek kon met niemmand daar oor praat nie en toe het my ma my uit gesorteeur maar ek was in groot mooilikhyd toe het sy ges ek moet dit nooit weer doen nie en toe het ek op gehou. ONDOW DIT IS NIE DIE MOOITE WERT OM JOU SELF TE MISHANDEL NIE EN DIT KOM VAN MY KANT AF .....
Toets jou kennis: Watter stelling dink jy is die mees korrekte?
Mense sny hulleself . . .
  1. omdat hulle emosionele angs probeer oorkom.
  2. omdat hulle hulleself probeer doodmaak.
Korrekte antwoord: A. Die meeste mense wat hulleself sny, wil nie doodgaan nie. Hulle wil net ’n einde maak aan hulle emosionele wanhoop.
Let op waarom party jongmense hulleself gesny het.
Celia: “Dit het my ’n mate van verligting gegee.”
Tamara: “Dit het gevoel asof dit ontvlugting bied. Die fisiese pyn was beter as die emosionele pyn.”
Carrie: “Ek het dit gehaat om hartseer te voel. Wanneer ek myself gesny het, het dit my aandag van my hartseer afgelei en dit op my fisiese pyn gevestig.”
Jerrine: “Elke keer dat ek myself gesny het, het ek byna onbewus geraak van my omgewing en weggekom van my probleme. Dit was vir my ’n aangename verandering.


 Hoe kan jy ophou as jy hierdie probleem het?

Gebed tot Jehovah God is baie belangrik as jy wil ophou. Die Bybel sê: ‘Werp al julle sorge op hom, want hy sorg vir julle.’—1 Petrus 5:7.
Wenk: Begin met kort gebede, soos om net vir Jehovah te sê: “Ek het hulp nodig”. Mettertyd sal jy openlik kan praat en jou hart voor “die God van alle vertroosting” kan uitstort.—2 Korintiërs 1:3, 4.
Gebed is nie ’n sielkundige kruk nie. Dit is ware kommunikasie met jou hemelse Vader, wat belowe: “Ek sal jou werklik help. Ek sal jou werklik stewig vashou met my regterhand van regverdigheid.”—Jesaja 41:10.
Baie wat met snyery geworstel het, het ook vertroosting gevind deur met ’n ouer te praat of met ’n ander volwassene wat hulle in hulle vertroue kon neem. Kyk na die volgende kommentare deur drie jongmense wat juis dit gedoen het.

Depressie onder tieners—Waarom? Wat kan help?

“WANNEER ek depressief voel, wil ek niks doen nie, nie eers die dinge waarvan ek gewoonlik hou nie. Ek wil net slaap. Ek voel dat niemand vir my kan lief wees nie, en dat ek waardeloos en ’n las vir ander is”, sê Anna. *
“Ek het aan selfmoord gedink. Ek wou nie regtig doodgaan nie, maar ek wou net nie meer so voel nie. Ek is gewoonlik ’n liefdevolle persoon, maar wanneer ek depressief is, gee ek vir niks of niemand om nie”, sê Julia.
Anna en Julia was in hulle vroeë tienerjare toe hulle die eerste keer depressief begin voel het. Party jongmense voel dalk nou en dan hartseer, maar Anna en Julia het tye van depressie gehad wat weke of selfs maande lank aangehou het. Anna sê: “Dis soos om in ’n diep, donker gat te wees, en ’n mens kan nie daar uitkom nie. Jy voel asof jy van jou kop af raak, asof jy nie meer weet wie jy is nie.”
Anna en Julia is nie die enigstes wat so voel nie. Al hoe meer jongmense word met depressie gediagnoseer. Dit is “die hoofrede waarom seuns en meisies tussen die ouderdom van 10 en 19 siek word en nie met hulle daaglikse lewe kan aangaan nie”, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).
 Die simptome van depressie kan gedurende die tienerjare voorkom en kan veranderinge in slaappatrone, eetlus en gewig veroorsaak. Hierdie jongmense voel dalk ook desperaat, moedeloos, hartseer en waardeloos. Ander tekens sluit in dat die persoon hulle van hulle vriende onttrek en dit moeilik vind om te konsentreer of vergeetagtig is. Hulle oorweeg of probeer dalk om selfmoord te pleeg en het simptome wat dokters nie kan verduidelik nie. Wanneer deskundiges vermoed dat iemand aan depressie ly, kyk hulle gewoonlik of hy meer as een simptoom het wat weke lank aanhou en of dit sy daaglikse lewe ontwrig.

MOONTLIKE REDES VIR DEPRESSIE

Volgens die WGO kan ’n kombinasie van baie faktore tot depressie lei. Dit kan veroorsaak word deur stres, die manier waarop iemand behandel word of ander fisiese faktore. Kom ons kyk na ’n paar oorsake.
Fisiese faktore. Soos in Julia se geval, kan depressie oorerflik wees. ’n Mens se gene kan dus ’n rol speel en moontlik ’n chemiese wanbalans in die brein veroorsaak. Ander fisiese faktore wat tot depressie kan lei, sluit in hartvatsiekte, hormoonvlakke wat verander en dwelmmisbruik. Wanneer iemand oor ’n lang tydperk dwelms misbruik, kan dit nie net depressie veroorsaak nie, maar dit ook vererger. *
Stres. ’n Bietjie stres is nie ’n slegte ding nie. Maar te veel stres kan vir ons fisies en emosioneel baie sleg wees. Hierdie soort stres, tesame met die hormoonveranderinge wat normaalweg in ’n tiener se liggaam plaasvind, kan tot depressie lei. Maar die presiese oorsaak van depressie is nog nie duidelik nie. Dit is dalk ’n kombinasie van faktore.
 Die volgende stresvolle situasies kan tot depressie lei: Ouers wat geskei of uitmekaar is, die dood van ’n geliefde, fisiese of seksuele mishandeling, siekte, ’n ernstige ongeluk of ’n leergestremdheid—veral as dit ’n kind verwerp laat voel. Nog iets wat depressie kan veroorsaak, is wanneer ouers te veel van hulle kinders op skool verwag. Ander moontlike oorsake sluit die volgende in: Kinders wat geboelie word, onsekerheid oor die toekoms, ’n depressiewe ouer wat ’n kind afskeep en ouers wat onstabiel en onvoorspelbaar is. Wat kan ’n tiener met depressie help?

SORG VIR JOU LIGGAAM EN VERSTAND

Matige tot ernstige depressie kan gewoonlik behandel word met medikasie en terapie deur ’n gesondheidsdeskundige. * Jesus Christus het gesê: “Dié wat sterk is, het nie ’n geneesheer nodig nie, maar dié wat siek is, het wel” (Markus 2:17). En siekte kan enige deel van ons liggaam aantas, selfs ons brein! Wat met jou liggaam gebeur, het ’n uitwerking op jou verstand. Daarom is dit dalk nodig om jou leefstyl te verander.
As jy aan depressie ly, moet jy seker maak dat jy vir jou liggaam en verstand sorg. Eet gesonde kos, kry genoeg slaap en oefen gereeld. Wanneer ’n mens oefen, stel dit chemiese stowwe vry wat jou beter kan laat voel, jou meer energie gee en jou beter laat slaap. Probeer uitwerk wat jou depressief laat voel en besluit op ’n plan van aksie. Praat met iemand wat jy vertrou. Hegte familielede en vriende kan jou help om jou depressie te hanteer. Skryf jou gedagtes en gevoelens in ’n dagboek neer. Dit het Julia gehelp, wat vroeër genoem is. Maar  die belangrikste ding wat jy kan doen, is om ’n verhouding met God op te bou. Dit kan jou uitkyk op die lewe baie verbeter. Jesus Christus het gesê: “Gelukkig is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte.”—Matteus 5:3.
What kan ouers doen