Donderdag 20 April 2017

TIENER DEPRESSIE

More / middag my naam is Annetjie Viljoen ek is 14 en ek het depressie dit is glad nie lekker nie.Hoe ek dit gekry het is my ouma was in die hospitaal gele het toe het haar kop uit gehak. Toe het sy baie demekaar gepraat nou gaan ons daar oor praat.

 

Tot onlangs was jou kind op sy gelukkigste as hy en sy maats die strate vol kan karjakker op hulle fietse en rolskaatse.  Nou skielik is hy �n jong bulletjie, met �n onvaste stem, �n melkbaard, en te veel selfvertroue � en �n dag later �n weerlose kind. Jy voel jy kan hom te lyf gaan as hy dwars raak, en tog, daar diep binne in jou, kry jy hom vreeslik jammer.

  En wat weet Ma en Pa tog van die lewe���

 Vir die samelewing is tieners �n vreemde spesie. Vir die samelewing is hierdie spesie �n groep moeilike persone om te verstaan.  Die jonger geslagte sien die tieners as �weird�. Die ouer geslagte sien weer die tieners as rebels. Tieners, aan die ander kant, het natuurlik �n heel ander siening oor die jonger geslag. Tieners sien die jonger geslag as lastig, indringers, en slawe, terwyl tieners die ouer geslagte sien as uit die oude doos, onredelik, polisiemanne, en vol fieterjasies. Tog is hierdie ontluikende volwassene weerloos.  

Die lewe is vir hom moeilik  en  onverstaanbaar, maar hy sal liewer tien dode sterf as om dit te erken!

Tieners wat gemengde gevoelens beleef van die �grootmens w�reld� word dikwels depressief, en dra dikwels depressie al lank saam, sonder dat iemand dit al opgemerk het.

 Naas motor ongelukke is tiener selfmoord die grootste oorsaak van tiener sterftes in Suid Afrika. Baie ouers vra dikwels wat die rede is vir tiener selfmoord.

 Tieners rondom ons is depressief. Is ons as ouers bevoeg om hulle te verstaan? Weet ons waarna om te kyk vir depressie? Dit het nodig geword dat ons dieper kyk na ons tieners en hulle buie.

 Met die skrywe wil ek graag tieners leer om hulself beter te verstaan, maar ook om ouers te help om hulle tieners en depressie beter te verstaan.

 Deurdat ons na die regte gedrag begin oplet, is dit moontlik om jou kind te help�..voor dit te laat is.


Die opinie van �n bekende kinderarts

Ek het aan �n bekende kinderarts gevra wat dink hy van tieners en tiener depressie. Hier was sy interressante antwoord.

�Daar bestaan nie iets soos �n tiener nie. Tieners is �n demensie in die groei proses wat onsself geskep het. Sowat honderd jaar gelede het die mense nie eers geweet wat is 'n tiener nie. Gaan kyk maar in die Bybel. Sien jy daar dat Moses, Dawid, of een van die ander ooit die tiener stadium beleef het? Nee, hulle was as kind beskou, en dan as volwassene. Sodra hulle die ouderdom 12 jaar bereik het, is hulle bevoeg gevind om koning te word. Hulle het selfs op daardie ouderdom getrou en kinders gehad.�
�In die Bybel se tyd het kinders van vroeg af verantwoordelikheid gehad.
Ons het die ouderdom 12 tot 23 geneem, en dit aan �n tienerfase gekoppel.�
 �Ons het begin om kinders oorbewus te maak van hulle liggame. Ons wil dit vir die kinders so gemaklik moontlik maak, en dra alle verantwoordelikheid self. Ek glo depressie  in tieners ontstaan omdat hulle skielik verantwoordelikheid moet neem, dit is baie swaar vir hulle, en probeer daarvan weghardloop.�
� Die tendens van tieners en tienerdepressie is deur ons vervolmaak, die hele gemors is eintlik ons skuld.�
HOOFSTUK 1         NA BO
NOG NAT AGTER DIE ORE?
Wanneer is ons nie meer kinders nie? Wanneer is dan nou volwasse? Tieners vra dikwels hierdie vrae omdat hulle vasgevang voel tussen die w�reld van die kind en grootmens. Die grense tussen hierdie twee w�relde is nie duidelik afgebaken nie. Die kern van adolosensie is die oorgang van die kinderjare na die volwassenheid. Maar wanneer begin dit?
 Puberteit begin gewoonlik vanaf die ouderdom 11 jaar en 13 jaar. Seuns bereik puberteit ongeveer twee jaar later as dogters. Hierdie oorgang van kind na volwassene, bring groot veranderinge mee in elke aspek van die kind se lewe. Hierdie verandering is liggaamlik, op die tiener se intellektuele vlak en op sosiale vlak. Vir die tiener is tienerjare �n geweldige emosionele tydperk. Die kind voel of hy n�rens kan inpas nie. Hy voel n�g volwasse, n�g kind. Die ou gevoelens van sekuriteit en stabiliteit, wat hy nog altyd ervaar het, word skielik, oornag, weggevee.
 Die pitu�t�re klier is die �tydbom� binne in die kind. Skielik, wanneer die tyd reg is stimuleer die klier groei in die kind, en die kind ervaar merkwaardige veranderinge in elke opsig wat vinnig en onvoorspelbaar is. Klier afskeiding en emosies is gaan nou hand aan hand. Enige klier wanbalans waaraan die tiener se liggaam nie gewoond is aan nie, veroorsaak erge emosionele onstabiliteit in die jongmens.
 Die skielike hormoon veranderinge in die kind, veroorsaak dat die kind baie skielik sterk teenstrydige emosies ervaar. Die een oomblik het hy intens lief, maar die volgende oomblik kan hy net so intens haat. Sy emosies swaai sterk tussen die gevoel van skielike opwinding en erge teneergedruktheid. Hy wil graag onafhanklik wees, maar hy wil ook in dieselfde tyd ouerlike beskerming geniet. Hierdie vreeslike deurmekaar emosionele wanbalans versteur die jongmens se gevoel van waarde.
 Innerlik is die jongmens onseker van homself, onseker van wie hy regtig is, en wat hy wil wees, en hy wonder watter indruk hy maak op ander mense. Hy wonder of ander mense van hom kan hou, want hy hou dan nie eers van homself nie. Hy wonder ook of hy instaat sal wees om sy eie besluite te kan maak. Die oplossing van hierdie vrae help die jongmens om sy eie identiteit te kan verkry.
 Wanneer die verhouding  tussen die jongmens en sy ouers positief is, help dit die jongmens om sy selfbeeld positief te hou en stel dit hom instaat om �n positiewe identiteit te vorm. �n Positiewe agtergrond  van liefde en respek help ook baie om �n positiewe jongmens te vorm.
 Adolosensie begin wanneer die kind se liggaam fisiologies begin verander en ooreenkomste begin toon met die volwassene se liggaam. Dramatiese veranderinge vind plaas in feitlik elke deel van die kind se liggaam.
 

HOOFSTUK 2         NA BO

�N VREEMDELING IN JOU HUIS
 Adolosensie is die tyd waar die kind groei na volwassenheid. Dit begin by puberteit, en strek deur in die laat tienerjare, en vroe� twintiger jare.
 Hierdie is die tyd wat die meeste groei ooit plaasvind, en die meeste veranderinge ooit vind nou plaas. Gedurende die tyd verander die jongmens in alle opsigte. Die tiener verander liggaamlik, seksueel, intellektueel en sosiaal, en hulle beweeg weg van die ouers se afhanklikheid en beskerming.
 In die w�reld van die tiener voel die lewe vir hom vreeslik deurmekaar en alles verander so vinnig dat hy dit self moeilik vind om aan te pas. Die tiener gaan deur baie veranderinge en hy moet probeer byhou en aanpas by �n fisiese verandering, waarvan hy nog net in boeke gelees het.  Skielik vind die tiener dit baie moeilik om by die sosiale lewe aan te pas, en moet nou self begin besluite neem vir sy toekoms.
 Adolosensie word in drie fases verdeel
1.      Vroe� Adolosensie
Die adolosensie tydperk is die moeilikste deel van die grootword proses.
Emosioneel ervaar die kind ho�r hoogtes en laer laagtes as die gewone volwassene. Die kind is nou in �n proses waar hy voel dat hy by niemand inpas nie. Tienerjare is �n klomp teenstrydighede, vasgevang in �n liggaam wat van dag tot dag, van kop tot tone aan die verander is.
Hierdie stadium kom sommer oornag in �n ongewone snelrat, en skielik ervaar die kind vreemde gevoelens van angstigheid, genot en verwondering. Daar is �n skielike toename in groei, veral in die kind se ledemate. Dit veroorsaak dat die kind onhandig, en lomp is. Die kind se arms en bene lyk ook sommer vir homself buitengewoon langer as di� van sy maats. Die voorkoms van die kind se liggaam verander baie drasties en baie skielik.

 Dogters

Vir dogters is die ontwikkeling van die borste, en die heupe wat verbreed, die eerste tekens dat sy nou skielik begin groot word. Die tepels sal eers prominent word, waarna die borsweefsel geleidelik vergroot. Ongeveer van die ouderdom 11jaar tot 13jaar begin die dogter soms tranerig voel, sonder dat sy regtig weet hoekom sy hartseer voel. Sy begin ook na iemand verlang wat sy nog nie ken nie, en sal ure spandeer om musiek te luister wat trane sal laat vloei, maar kan ook net so vinnig �n woedebui gooi oor die onbenulligste.

 Die dogter begin nou skaam kry vir die hare onder haar arms, en begin ook sien dat haar beenhare skielik verdonker. Dit is die tydperk waar die kind graag wil begin om die oortollige hare af te skeer, en sy sal begin eksperimenteer met grimering. Sy sal ook skielik opmerk dat daar hare op haar pubis groei, en baie skaam begin voel oor die veranderinge. In die tydperk begin die dogter vir die eerste keer menstrueer. Sy begin skielik langer word, en toon �n gewigstoename.
 Teen die ouderdom 15 jaar tot 16 jaar het die gemiddelde meisie ongeveer 98 % van haar lengte as volwassene bereik. Saam met die snelle groei, vind daar nog baie fisiese veranderings plaas bv. die voete vergroot, die neus wil baie prominent voorkom, en puisies kan op die gesig  en rug voorkom. Die dogter is nou op �n stadium dat sy graag mooi wil lyk, en begin haar vergelyk met haar maats. Sy is ook nou op die stadium dat sy baie belangstel in die mode, en wil graag aantrek soos die modelle op TV en hunker om soos hulle te wees.

 Seuns

Die eerste tekens van puberteit by seuns gaan gepaar met die versnelling in die groeitempo van hulle geslagsorgane, wat hulle baie skaam laat voel. �n Algehele groei vind feitlik oornag in die kind plaas, sodoende dat hy vir homself vreemd lyk.  Gedurende die tydperk, wanneer die manlike hormoon, testosteroon, afgeskei word, breek die seun se stem, begin hy baard kry, en begin hare op sy skaamdele groei.
 Die jongman se skouers verbreed, en sy spiere ontwikkel groter.  In die tydperk word sy stem dieper, sy seks organe vergroot, en die afskeiding van die seksuele hormone verhoog.  Die skrotum en testes verander eerste. Hulle word aansienlik groter, en kry �n rooierige kleur, daarna vergroot die penis. Skaamhare begin verdonker en kom net op die skrotum en pubis voor. Die penis kry nie skaamhare nie. In die jongman se gedagtes begin hy nou wonder op hy abnormaal is.
 In die tyd wat die pubis hare verdonker en vermeerder, begin die vel se porie� vergroot, en die vel se klier aktiwiteit versnel. Aknee vorm op die jongmens se gesig, en hare begin groei en vermeerder op die seun se gesig en liggaam. Hare kom donkerder en meer voor in seuns as gevolg van die verhoging in die manlike hormoon (Testosteroon) afskeiding.
 Hierdie veranderinge veroorsaak dat die jongmens �n baie stresvolle tydperk beleef.
 Daar is tye wat hulle ongemaklik, selfbewus, en ontevrede met hulle fisiese voorkoms is. Die jongeling ervaar ook nou erge vrees dat hy fisies sal anders lyk as sy maats, en dat hy deur hulle verstoot sal word. Hy is nou oorgevoelig wat sy fisiese voorkoms aanbetref, en sukkel om voor sy maats in die aantrek kamer uit te trek omdat hy bang is vir bespotting en verwerping.
 Hoewel die jongeling tekens begin toon van die volwassene, voel die jongmens nog baie kind in sy binnekant. Hulle bestee soms ure voor die spie�l om aan die nuwe voorkoms gewoond te raak, en om aan te pas by die nuwe voorkoms.
 Indien die jongmens nie die geleentheid gehad het om sy eie kamer te h� nie, het die jongeling nou �n brandende begeerte om �n eie kamer te h�, en bring ure alleen in sy kamer deur. Hy raak nou baie maklik selfbewus en verveeld. Die verhouding wat die jongmens met sy ouers gehad het, en nog steeds het, is op die stadium die belangrikste invloed vir hom.
 Dogters voel ongemaklik omdat hulle vir die eerste keer sanit�re doekies moet gebruik, en seuns kry ereksies op die mees ongele� tye, en kan hulle uiters verle� laat voel. Die verandering wat in die jongmens se denke plaasvind, en kritiek wat hy teenoor homself uitspreek, het tot gevolg dat die jongmens in sy ouers se waardesisteem begin twyfel. Hy begin afhanklik raak van sy maats vir ondersteuning en waardering, en neig om meer na die vriende oor te val as dit vir hom lyk of sy ouers hom nie verstaan of waardeer nie.
 2.      Mid. Adolosensie
Hierdie tyd van die jongmens het minder fisiese veranderinge. Hierdie stadium word meer gekenmerk deur emosionele veranderinge. Die jongmens moet nou begin aanpas by sy nuwe voorkoms, identiteit en liggaam. Hierdie is vir die jongmens die tyd van seksuele rypwording.
 Hierdie stadium gaan gewoonlik gepaard met gemengde gevoelens soos opgewondenheid, bangheid, benoudheid, plesier, pyn, liefde en haat. Seksuele gedrag kry nou skielik nuwe betekenis vir die jongmens, en hy begin nou intens belangstel in alles wat net na seks kan lyk. Enige inligting waarop hy sy hande kan sit word tot in die fynste besonderhede gelees en bestudeer. Die jongmens sal nou begin eksperimenteer met seks, hulle begin ook eksperimenteer met masturbasie. Seksuele drange is nou baie meer intens, veral in die seuns, en hulle vind dit moeilik om die drange te beheer, veral onder die vriende se invloed. Dit is in die stadium van eksperimentering dat dit kan gebeur dat jonger susters of niggies die proefkonyn kan word vir molestasie.
 Dit is in die stadium wat die jongmens begin dink dat daar nie so iets bestaan as selfbeheersing nie. Selfbeheersing is vir die jongmens nou amper onmoontlik, en die gevolg is dat daar begin word met intense seksuele eksperimentering.
Vriende wat vir die jongmens belangrik was in die voor adolosensie fase, is nou baie meer belangrik vir hom.
 Die jongmens probeer nou sy bes om weg te breek en uit die invloed van sy ouers te kom. Hy probeer ook al wat hy kan om weg te kom van hulle waardes en hulle beheer. Die jongmens sal nou gedurig die ouers se standaarde kritiseer. Hy het ook geen behoefte om saam met sy ouers kerk toe te gaan, op vakansie te gaan, of inkopies te gaan doen nie die . Hy vinnig skaam vir sy �oudtydse� ouers, en wil nie graag saam met hulle gesien word nie.
 Op die stadium is daar baie konflik tussen die ouer en die jongmens. Die jongmens sien die ouers as ouderwets, en irriterend, maar sy ouers is darem nog goed genoeg om hom te voorsien van geld, vervoer en �n blyplek (afhangende van wanneer hy besluit om snags huis toe te kom)
 Die jongmens sal nie juis baie moeite doen in die stadium om met sy ouers te kommunikeer nie, maar sal liewer feitlik die hele dag in sy kamer deurbring, musiek luister en dagdroom. Sy ouers kan ook net met verbasing luister hoe hy ure op die foon kan kuier wanneer sy vriende bel.
 Die jongmens  wil nou baie graag h� dat almal sy gedrag moet goedkeur, en hy sal nou alles doen om deur sy vriende aanvaar te word as deel van die groep.  Skielik begin sy gewone taal verander na tiener taal. Helde, musiek, klerestyl, en vermaaklikheid verander ook stelselmatig van die ouers se smaak na tienerstyl.
 Verhoudings met die teenoorgestelde geslag begin ook nou ernstiger raak, en indien die verhouding sou opbreek, is dit vir die jongmens �n baie pynlike ervaring. In die tyd is daar drie dinge wat vir die tiener uiters belangrik is:
1.seks
2.dwelms
3.motors
Elkeen van hierdie verwys na invloede van die vriende, die fisiese verandering in die jongmens, onsekerheid, en sy soeke na �n identiteit.
 Die behoefte aan liefde en aanvaarding, die invloed van die seksuele hormone, die seksuele openheid in die w�reld, en die maklikheid om privaatheid te kry, maak seksuele eksperimentering baie maklik vir die jongmens.
Vir die jongmens wat opsoek is na die meer as gewone, is dwelms en alkohol meer as volop.
 Die tiener begin ook nou die nag as sy avontuurtyd beleef. Snags sal hulle met motorfietse of motors in die strate rondjaag, omdat hy die gevoel het dat hy nou vry is en in beheer is van alles. Die tiener begin nou lewe kry as die son onder gaan, en hou aan met �lewe� tot die son opkom. Daarna sal hy sy dag om slaap, om krag te kry vir die aand wat voorl�.
 Tog is dit net �n manier waarop die tiener sy gevoel van verwerping kan verlig, dit verander nie veel aan die angstigheid wat diep in sy gemoed aan die gang is nie. Diep binne is daar erge woeling om die regte beroep te kies, die huis te verlaat, en sy stryd om homself van sy ouers af te skeur.
 3. Laat Adolosensie
Hierdie deel begin wanneer die ho�rskool dae eindig. Nie meer kind nie, nie meer tiener nie, begin die jongmens �n tyd ervaar waar hy as volwassene in die samelewing opgeneem moet word. Hy begin nie net al meer soos �n volwassene lyk nie, maar begin ook soos �n volwassene dink. Wanneer die adolosent met �n probleem sit, ontleed hy dit eers, en probeer daarna �n strategie uitwerk om die probleem op te los. 
 Die adolosent begin ook nou al meer belangstel in die gemeenskap as �n geheel. Die jongmens dink nou nie net oor sy eie denke nie, maar ook oor die denke van ander persone. Hy vind dit moeilik om te onderskei tussen sy eie denke, en dit wat ander persone van hom dink. Hy dink dat dit wat vir hom belangrik is, vir ander ook gaan belangrik wees.
 Hy bestee baie van sy tyd aan sy voorkoms, en dink dat sy voorkoms vir ander net so belangrik is. Hy is permanent behep met homself, en voel dat andere ook so oor hom voel, en dat hy altyd onder �n vergrootglas is. Hy formuleer sy eie re�ls, en dis al wat geld.
 Hy moet volwasse verantwoordelikheid neem, na �n onafhanklike status beweeg, en sy lewensstyl begin formuleer. Hierdie jongmens moet nou vir die toekoms begin beplan, moontlike verdere studies oorweeg, �n keuse maak vir die regte maat, en in �n onbekende beroep inbeweeg. In die tyd is die jongmens nog meer onverstaanbaar as voorheen.
 Hy loop aanhoudend met vrae soos �wie is ek.� Vroe�r kon hy ge�dentifiseer met sy ouers, toe met sy maats. Nou sukkel hy om sy eie uniekheid te sien, en moet hy begin om sy eie waardes aan te kweek. Vir die meeste is dit �n baie angsvolle tyd. �n Tyd waarop hulle opsoek is na hulself.
 Hulle is ook geneig op paniek bevange te raak wanneer hulle dink hoe hulle oor die weg gaan kom met die ander persone. Hierdie jongmens leer nou om by die samelewing in te pas, en meer afhanklik te wees van homself. Tiener verhoudinge, konflikte met die gereg, bende houdings, seksuele invloede en verhouding met sy beste vriende kan �n groot invloed h� op die manier waarop die jongmens gaan aanpas by die samelewing.
 Die jongmens voel ook baie dat hy nie by sy samelewing kan inpas nie, en voel baie keer gefrustreerd. Entoesiasme oor �n nuwe beroep kan dalk die jongmens die verkeerde besluit laat neem oor �n tipe beroep wat hy wil volg, wat vir baie lank vir die jongmens �n probleem kan skep.

HOOFSTUK 3         NA BO
NIEMAND VERSTAAN MY NIE!!!
Adolosente is uitermatig fyn ingestel vir invloede van buite. As ouers eers begin soek na die slegte en die ergste in hulle tiener, gaan hulle die ergste sien. Hierdeur gaan jy as ouer jou tiener aanmoedig om gedrag te openbaar wat jy nog altyd net voor gevrees het.
 Moontlike oorsake van probleme in adolosensie
1.  Die tiener se fisiese voorkoms pla
 Die vinnige groei, vel probleme, oortollige vet, periodes van min energie, verandering in die liggaamsbou, verandering in die liggaamshare en die verandering in die stemtoon het �n erge invloed op die kind. Op die tyd wat dit vir die belangrikste is om op sy mooiste te wees, kan die tiener se fisiese voorkoms hom erg neerslagtig laat voel.
 2.  Seksuele veranderinge is vir die tiener vreemd
 Die tiener verwag wel seksuele veranderinge, maar dit is vir hulle nogtans �n bron van angstigheid. Skielik begin die geslagsdele van die tiener groei, en omdat die tiener vir homself �n bedreiging is, kan skuldgevoellens probleme veraarsaak. Die oningeligde tiener kan ook die hele tyd onder of hy normaal is.
 3.   Verhoudings en kommunikasie tussen ouers en maats
Wanneer daar nie volwasse leiding gegee word aan die tiener nie, en hy aan homself oorgelaat word om die volwasse w�reld te betree, is die jongmens geneig om uiters aggressief, verward en angstig te word.
 4.  Tieners verander hulle morele standaarde
Die kinders kom op �n stadium waar hulle die ouers se morele waardes bevraagteken, Dit kan erge konfrontasies veroorsaak wanneer die kind besluit om sy eie waarde sisteem te ontwikkel wat heeltemal van die ouers verskil.
 5.  Tieners wil onafhanklik wees
 Wat die jong mense wil h�, en wat hulle op die tydstip kan hanteer, wissel gewoonlik. Dit gaan gewoonlik gepaard met erge frustrasies en rebellie teenoor die ouers. Die jongmens wil gewoonlik laat uitbly, sy eie gang gaan, en konsidereer nie juis persone rondom hom nie, terwyl ouers moontlik dink hulle weet wat die beste vir hom is op die tydstip.
 6.   Tieners se selfwaarde verlaag
 Tieners voel gewoonlik nie baie goed oor hulle self nie. Hulle wil baie graag aantreklik wees vir die teenoorgestelde geslag, en wanneer dit vir �n tydperk vir hulle voel dat dit onbereikbaar is, kan daar emosionele probleme by die tiener ontstaan. Wanneer die aknee op hulle beste lyk, en die neus op sy grootste is, kan die tiener op sy heel neerslagtigste wees.

7.  Tieners is bekommerd oor hulle toekoms
 Tieners se keuses oor die toekoms, tipe vakke, en tipe beroepe, kan veroorsaak dat die verkeerde keuse �n lewenslange invloed op hom kan h�.
Hoewel die meeste tieners tog goed aanpas in die volwasse lewe, gebeur dit tog dat daar tog sommige tieners is wat baie sukkel om in die volwasse lewe in te skakel. Die tiener sal ook homself bekommer of die beroep wat hy gekies het hom gelukkig sal hou, en of daar werksgeleenthede vir hom sal wees.


HOOFSTUK 4         NA BO

DIE WORTEL VAN ALLE KWAAD

Tydens die baba jare, ontvang die klein mensie sy liefde in die intieme moeder � kind verhouding. Gedurende die laerskool jare begin hy liefde, aanvaarding en sekuriteit soek by gelykes van sy eie geslag. In die vro�e tiener jare vind hy sy liefde en inspirasie by �n ouer man of vrou � gewoonlik sy ouers. Gedurende die latere tiener jare soek hy liefde by �n lid van die teenoorgestelde geslag.
 Dit kan gebeur dat die ouer moedswillig, of onbewustelik, nie aan die kind se behoeftes voorsien nie. Die kind word weerhou van liefde wat hom toekom, of die kind ervaar dat hy nie liefde, bewondering en koestering van sy ouers af kry waarna hy smag nie. Dit kan dit die begin wees van probleme.
 Kinders wat vroeg geskei is van hulle ouers, en in �n inrigting of tehuis geplaas is, kan van vroeg af �n tipe neerslagtigheid ervaar.
 Kindertyd ervarings kan lei tot neerslagtigheid, wat vroeg in die kind se lewe kan posvat.
Navorsing het bewys dat kinders wat uit spesifieke tipe huisgesinne uitkom, meer neig na tiener depressie en selfmoord.
Diskordante gesinne
In die tipe gesin verkry een of albei ouers nie bevredinging uit hulle huwelik nie. Hulle wys hulle ontevredenheid deur gedurig te sanik, mekaar en die kinders te verkleineer, en afbrekende kritiek op alles te lewer. Kinders uit hierdie tipe gesin neig al van �n vroe� ouderdom af om tekens van neerslagtigheid te toon.

Versteurde gesinne

In hierdie tipe gesin sal een of albei ouers uiters eksentriek optree, of hulle tree op �n abnormale wyse op dat daar gedurigdeur spanning en emosionele onrus in die huis is. In die huis is die ouers so besig om vreemd op te tree dat hulle nie tyd het om hulle kind die regte leiding en liefde te gee nie. Hierdie kinders uit hierdie tipe gesin ervaar van baie vroeg af die vreemde atmosfeer, en  neig vroeg tot emosionele neerslagtigheid.
Ontwrigte gesinne
In �n gesin waar daar egskeiding of dood van �n geliefde voorgekom het, kan die kinders neerslagtigheid toon.

Ontoereikende gesinne

Hierdie tipe gesin vind dit baie moeilik om die gewone normale alledaagse probleme te hanteer. Hierdie gesin is altyd op soek na raad, hulp en bystand van buite. Kinders uit hierdie tipe gesin voel onveilig en sekuriteitsloos.

 

Antisosiale gesinne

Die ouers van hierdie gesin is gewoonlik betrokke met botsings met die gereg. Die ouers aanvaar nie die normale waardes en standaarde van die samelewing nie. Kinders wat uit die huise kom, is gewoonlik verward, angsbevange en neerslagtig.
Ander faktore wat ook tot neerslagtigheid in kinders en tieners kan aanleiding gee is:

1.      Agtergrond en familie
A.                   Ouers wat hulle kinders blatant of subtiel verwerp is geneig tot neerslagtigheid.
B.                   Ouers wat baie status bewus is stel gewoonlik onrealistiese ho� standaarde en eise aan hulle kinders. Die eise en standaarde is onmoontlik vir die kinders om uit te voer. Wanneer standaarde te hoog is, of ouers te rigied is, is mislukking onafwendbaar, en die gevolg is neerslagtigheid.
C.                  Tieners wat in konflik is met hulle ouers voel baie vinnig onaanvaarbaar.
D.                  Studente wat skaam is vir hulle ouers en familie neig ook om neerslagtig te wees.
E.                   Kinders uit onstabiele ouerhuise.
2.    Hulpeloosheid
Neerslagtigheid kom dikwels voor wanneer ons in �n situasie is waaroor ons min of feitlik geen beheer het nie. Enige persoon kan neerslagtig word wanneer hy voel dat alles wat hy doen onsuksesvol is.
Die hulpelose gevoel wat �n kind beleef wanneer hy ervaar dat sy geliefde ouers nie in hom belangstel nie, is oorweldigend vir die kind. Die kind ervaar �n erge tipe magtelose hartseer in hulle wese. Hierdie kinders is gewoonlik apaties, sieklik, en negatief, en ervaar intense depressie in hulle latere jare.
Kinders wat gemolesteer word, ervaar ook �n magtelose gevoel wat moontlik neerslagtigheid tot gevolg kan h� in latere jare.
3.   Jou denkproses
Hoe �n persoon dink bepaal baie keer hoe �n persoon voel. As jy net negatief dink, sien jy net die donker dinge in die lewe raak. Jy het �n negatiewe siening van jouself, en die toekoms is ook negatief. Alles wat tuis gedoen word is negatief, en alles wat die kinders probeer word in �n negatiewe lig gesien. Kinders wat in hierdie tipe huis grootword is geneig om van kleins af hulle self te sien in �n negatiewe lig, en sal ook oor alles begin negatief voel.
4.  Aggressie
Kinders wat nie toegelaat word om hulle mening uit te spreek nie, of wat nooit enige teken van aggressie mag toon nie hou die aggressie binne in hulle. Die gevolg is dat die aggressie later uitkom in die vorm van depressie.

HOOFSTUK 5         NA BO

TERWILLE VAN OORLEWING
Ons as ouers kondisioneer dikwels ons kinders onbewustelik. Ons verwag van hulle kinders sekere gedrag. As die kinders aan die spesifieke gedrag voldoen is die kinders aanvaarbaar vir ons as ouers.
�n Kind se verhouding en ervaring met die mense om hom begin vanaf geboorte � met broers, ouers, vriende en grootouers.
 Dit gebeur ongelukkig dat van die kinders nie so gelukkig is om te ervaar dat hulle geliefd en bemind is nie. Kinders wat trauma beleef soos aggressiewe ouers, molestering, fisiese mishandeling, armoede, honger, geraas, vrees, gevegte, ingehokte toestande, emosionele mishandeling en verwerping is vir die kind so angswekkend dat dit nie altyd moontlik is om hierdie vreeslike ervarings in die gesig te staar nie. Die kind verwyder al hierdie pynlike ervarings uit die bewuste en stoor dit in die onderbewuste. Die onderbewuste slaap nie, en is voortdurend besig om van die slegte emosies ontslae te raak. Op �n baie vroe� ouderdom begin die kind se liggaam sekere chemiese stof afskei om die kind te help oorleef.

Seine wat gevaar aandui, en seine wat met jou behoefte en oorlewing te doen het, word deur die hipostalmus na die mens se simpatiese senuwee oorgedra.
In situasies waar die kind enigsens bedreig voel, of waar die kind enige slegte ervarings beleef, dra die hipotalamus �n gevaar boodskap oor na die simpatiese senuwees.
Die simpatiese senuwee kom in snelrat, en veroorsaak die uitstorting van adrenalien, noradrenalien, histamien, dopamien en bloedsuiker in die bloed.
Hierdie chemiese stowwe wat in die bloed afgeskei word het �n spesifieke uitwerking op elke liggaamsdeel.
 Die hart begin vinniger klop, die bloeddruk verhoog en vet reserwes word vrygestel en beweeg in die spiere in. Asemhaling word vinniger, pupille word groter, sweetafskeiding vermeerder en speeksel droog op. Die bloedvloei na die maag verminder, en die maag begin minder maagsappe afskei. Rooibloedselle word in die slagare ingepomp om aan die liggaam meer energie te gee. Alle liggaamsprosesse versnel, behalwe dermlediging.
 Die adrenalien sisteem begin uitgeput raak, en die serotonien in die brein, wat help om die kind rustig te hou word vinnig uitgeput. Die sisteem  skakel af wanneer die aanvraag oor is. Dit is soos �n kalmte na �n storm, behalwe dat die kalmte is �n volkome afskakeling. Dit is die liggaam se manier om rus te eis. Dit skakel jou af van alle belangstelling, en dreineer jou van energie, sodat jy geforseer is in �n periode van herstel.
In hierdie periode van herstel kan van dae tot weke duur, en die indiwidu ervaar neerslagtigheid of depressie in die tyd.
 Gedurende die tyd begin die liggaam weer homself te herstel. Die herstel proses is ook baie afhanklik van die regte tipe kosse wat die kind eet, sodat die serotonien vlak in die brein kan herstel. Hoe langer die indiwidu se sisteem uitgeput was, hoe langer gaan dit vir die liggaam neem vir  herstelwerk om plaas te vind.
 Baie kinders is neerslagtig en lei aan depressie sonder dat die ouers daarvan bewus is. Depressie in babas word gewoonlik gesien as die baba besonder huilerig is.
Kinders openbaar 3 maniere van depressie:
1.      Fantasie lewe
2.      Deur wat hulle verbaliseer
3.      Hulle gemoedstoestand en gedrag.
 Kinders is geneig om te teken soos hulle voel. Depressiewe of neerslagtige kinders sal dikwels donker kleure gebruik vir hulle tekeninge, om hulle donker innerlike te weerspie�l. Kinders sal die mense in hulle prentjies met trane teken, en die gesiggies sal hartseer lyk. Kinders teken hulself ook as klein figuurtjies, weg van hulle gesin af, of alleen in �n hoekie. Dit gebeur ook dat hulle hulself heeltemal uit die prentjie laat.
 Kinders met depressie is geneig om wakker te word van drome, en dan moeilik aan die slaap te raak. Hulle is ook geneig om te loop of te praat in hulle slaap.
Hierdie kinders sal ook vinnig s� dat hulle sekere dinge nie kan doen nie, of dat hulle niks reg kan doen nie.
Jonger kinders met depressie is gewoonlik baie skaam en teruggetrokke.

Kinders van alle ouderdomme wat neerslagtig is, is gewoonlik oor sensitief, pessimisties, en is geneig om te oorreageer, en kla maklik en vinnig dat hulle dink mense praat van hulle. Die kinders kom hoogs geiriteerd voor, het aggressiewe uitbarstings en skoolprobleme.
Die kind sal ook kla van hoofpyn of lyfpyn, en sal moeg lusteloos en traag wees.
 Dit gebeur ook dat die kind wat depressief is ooraktief kan wees, nie wil gaan slaap nie, en sukkel met konsentrasie. Die kinders kan verkeerdelik as hiperaktief gediagnoseer word.
 In kinder vanaf 5 � 8 jaar kom depressie gewoonlik uit as skoolvrees.
Tussen die ouderdom 8 � 11 worstel die kinders met �n minderwaardigheidsgevoel, en na 11 jaar kom skuldgevoellens dikwels na vore.
Tussen die ouderdom 12 � 16 voel die tiener dat hy n�rens tuis hoort nie. Hy voel nog volwasse, nog kind.
Tussen 16 � 18 is dit gewoonlik die tyd waar ouer � kind konflik verhoog, en wat die tiener uiters verward voel.
HOOFSTUK 6         NA BO
NET �N DONKER DAG
Ons as normale mense, wat nie altyd kan glo dat daar iets soos neerslagtigheid bestaan nie, ervaar gewone dae, waarin ons gewoonweg aan ons dagtake werk.
 Tog kry ons, wat onsself �normaal � beskou ook dae wat ons uiters goed voel, en is die lewe vir ons �n fees.
 Daar min mense wat nie kan saampraat oor neerslagtigheid nie. Daardie gevoel wat jou beetkry as jy �n toets dop waarvoor jy hard geleer het, of wanneer jy �n geliefde verloor, of wanneer jy jou plek in die sportspan moet afstaan.
 Nou kan ons �normale � mense maar erken dat daar ook dae is wat ons soms �af� voel. Tye wanneer jy nie lus is vir gesels nie, wanneer jy niks wil doen nie. Ons noem dit jou �donker� dae �.. Wanneer die swaarmoedigheid swaar op jou skouers druk. Sulke gevoelens word as normaal beskou.
Somtyds kan die dae uitstrek tot weke. Wanneer hierdie donker dae aanhou, word dit depressie genoem.
 Dit be�nvloed persone van alle ouderdomme, insluitende kleuters, maar dit is huidiglik besig om te vermeerder onder tieners en jongmense.
 Tiener selfmoord is die tweede hoogste rede vir sterftes onder tieners, naas motor ongelukke. 40% van tieners wat selfmoord pleeg kom uit gelukkige huise, en het geen probleme met hulle ouers, onderwysers of maats gehad nie.
 Adolosensie is die moeilikste stadium van die grootword proses. Die tieners ervaar erge hormoon veranderinge, en ervaar ho�r hoogtes en laer laagtes as die gewone volwassene.
 Die jongmens is baie bewus van hulle liggame, en wonder dikwels of hulle normaal is, veral wat hulle geslagsdele aanbetref. Die geringste pyntjie wat die tiener beleef, kan vir hom paniekbevange en angstig maak.
 Weens die adolosent se vinnige fisiese groei, is hy lomp en onhandig, en skaam hy homself as hy teen voorwerpe stamp en onnodig goed laat val. Hy is erg selfbewus, en vrees dat hy fisies sal anders lyk as sy maats. Die adolosent leef dag vir dag in vrees dat hy nie aan al die vereistes van sy ouers voldoen nie, al het hy �n gelukkige verhouding met hulle. Dit is vir hom van kardinale belang dat hulle sy gedrag moet goedkeur, maar tog wil hy graag van hulle leiding geniet.
 Hierdie ontwikkeling van die kind veroorsaak ook dat hy soms traag is, en sy fisiese energie uitgeput is. Hy verstaan self nie dat hy altyd so moeg voel nie.
Op die stadium sal die adolosent enige vorm van lyfstraf vertolk as die verwerping van sy nuwe fisiese voorkoms.
 Omdat tieners se emosies so vreeslik baie verander van een oomblik na �n ander, is dit vir die ouer baie moeilik om vas te stel of die tiener depressief is, en of dit sommer net weer �n bui is wat die kind beetgepak het.
Dit maak dit uiters moeilik om depressie werklik te onderskei, aangesien tieners depressie kan wys op maniere waarop die ouers dit nie kan verwag nie.


HOOFSTUK 7         NA BO

DEPRESSIE JAS
Vir �n aantal persone is daar nie �n verskil tussen normale en abnormale depressie nie. Tog het navorsing bewys dat daar �n hemelsbre� verskil is.
 Die belangrikste kenmerk van depressie is die gevoel van neerslagtigheid. Hierdie gevoel kan wissel van �n ligte gevoel van neerslagtigheid tot �n gevoel van totale hopeloosheid, wanhoop en eensaamheid. By die geval van abnormale depressie het die tiener �n gevoel dat alles verlore is, en dat niemand hulle meer kan help nie. Hierdie gevoel klaar nie op by aanhoor van goeie nuus, of goeie geselskap nie.
 Gemaskerde depressie
Sommige tieners kry dit reg om die gevoel van erge neerslagtigheid vir almal te probeer verberg.
 Die tiener sal ontken dat hy sleg voel, maar sal baie van die simptome h� van depressie.
 In die meeste gevalle kruip die depressie agter die tiener se aggressie weg. Die tiener kan erge woede buie ervaar, of hy laat homself gladnie toe om kwaad te word nie. Die tiener raak dan sommer kwaad vir homself, en die aggressie verplaas dan na depressie. Die depressie kom uit op ander maniere soos fisiese simptome, aggressie, humeur buie, impulsiewe gedrag, drink, gebruik van dwelms, hiperaktiwiteit, angstigheid, en abnormale gedrag. Die tiener beleef pyn, maar wys sy pyn op so �n manier dat sy ware binnekant nie wys nie.
 Tipiese simptome van depressie waarna ouers kan oplet is:
 1.  Eetversteurings
Die meeste depressiewe tieners het �n swak eetlus, en verloor ook gewig. Aan die ander kant kan die tiener ook uitermatig baie begin eet en uitermatig baie gewig aansit.
Sonder dat die tiener vir enige een vertel dat hy emosioneel nie wel is nie, sal die tiener oormatig begin eet, of totaal sonder kos bly.
 2.  Slaapversteurings
Die slaappatroon van die tiener sal drasties verander. Die tiener sal twee tot drie ure voor hulle gewone opstaantyd wakker word, en dit weer baie moeilik vind om aan die slaap te raak. Hy sal aanhoudend moeg voel, rusteloos wees, geagiteerd voel en opsien na die dag wat voorl�. Die tiener sukkel om snags aan die slaap te raak, en word baie deur die nag wakker. Die tiener kan die versteurnis wegsteek deur te maak of hy laat �n boek lees, of laat studeer.
 Die teenoorgestelde kan ook voorkom waar die tiener uitermate baie wil slaap. Na die baie slaap sal hulle nog kla dat hulle nog moeg voel, en nog nie uitgerus is nie.
 3.  Psigomotoriese versteuring
Die tiener gee die beeld van uiterste moegheid. Hy loop en reageer ook stadig. Daar is �n afname in sy denkproses, wat die ouer in die tiener se spraak kan waarneem. Die tiener sal lank neem om �n vraag te beantwoord, en hy sal stadig praat asof dit vir hom moeite is.

Die teenoorgestelde kan ook moontlik wees by die tiener. Die tiener is abnormaal rusteloos, en kan nie vir �n sekond stilsit nie. Hy wring gedurig sy hande inmekaar, en kla aanhoudend oor alles.

4.   Verlies aan belangstelling en genot
Die tiener toon geen entoesiasme in die dinge wat voorheen vir hom lekker was nie. Daar is ook niks wat sy ouers of vriende kan doen om sy belangstelling te prikkel nie. Die tiener geniet nie meer sy stokperdjies nie, geniet nie meer om sosiaal te verkeer met sy ouers of sy vriende nie, en daar vind �n tipe verlamming in die kind se wil plaas.
5.  Verlies aan energie
Verlies aan belangstelling gaan gewoonlik saam met �n skerp daling in die kind se energie vlak. Die tiener voel dat die kleinste takie vir hom die grootste moeite is. So sal �n tiener wat altyd netjies is, al sy goed op �n hoop laat l� en sy kamer in �n warboel laat.
 Die teenoorgestelde is ook geneig om by tieners voor te kom. Die tiener is uitermate hiperaktief, en is heeltyd besig om besig te lyk.
6.  Tranerigheid
Die tiener (veral die meisies ) is besonder hipersensitief en sal huilerig wees vir die geringste wat hulle nie tevrede gestel kan word nie.
Die tiener dogters is ook geneig om kasette te speel wat hulle �trane trekkers� noem, en dan ure om huil sonder dat hulle regtig weet waaroor hulle huil.
 7.  Lae eiewaarde en skuldgevoellens
Die tiener verwyt homself vir allerhande klein dingetjies wat verkeerd kon gegaan het, en glo dat almal hom ook verwyt. Hy loop oral en soek na bewyse om hierdie denke van hom te staaf. Hy is altyd verveeld met alles, en gedurig ge�rriteerd.
8. Probleme om te dink en te konsentreer
Die tiener begin kla dat hy dit moeilik vind om helder te dink, en dat hy probleme ondervind om te konsentreer. Dit is ook vir hom moeilik om besluite te neem, of sekere dinge te onthou.
 9 Herhalende gedagtes oor dood en selfmoord.
Die tiener sal gedurig oor die dood en oor selfmoord top, en sal ook soms s� dat almal beter af sal wees as hy dood is. Hy sal stellings maak soos � Die lewe is die die moeite werd nie�, of � Ek wonder wat sal hulle doen as ek nie hier is nie.�
10. Ongelukkig en oneffektief
Die tiener sal misrabel voel, en homself kritiseer. Selfs om uit die bed uit te klim is vir hom baie moeite, en hy steun al hoe meer op sy familie om vir hom dinge te doen.
Enige opmerking van die ouers in die verband sal die kind nog meer misrabel laat voel.

11. Fisiese siekte
Aanhoudende teneergedruktheid veroorsaak dat die liggaam se immuunsisteem geonderdruk word. Die tiener is dus meer vatbaar vir siektes, en die liggaam vind dit al moeiliker om virusse te beveg. Kopsere, maagpyne, lae rugpyn en moegheid kan vir die ouers �n aanduiding gee van tiener depressie, veral as dit aanhou en die geneesheer kan geen definitiewe rede gee vir die skete nie.
12.  Lae selfbeeld en teruggetrokkenheid.
Die tiener ondervind �n baie sterk gevoel om van ander mense af weg te kom. Sosiale kontak is vir die tiener te veel gevra, en die tiener het geen behoefte om met iemand te gesels nie.
13. Selfmoord
Daar is geen volledige manier om te ontsnap van jou probleme nie, of so dink die tiener. Dit is �n onbewuste uitroep vir hulp, �n geleentheid vir wraak, en om mense wat naby jou is te manipuleer.
 ONWAARHEDE OOR DEPRESSIE
1.      Dit is onwaar dat depressie altyd die resultaat is van sonde en �n gebrek aan geloof in God.
2.      Dit is onwaar dat alle depressie die gevolg is van selfbejammering.
3.      Dit is onwaar dat dit verkeerd is vir �n Christen om depressief te word.
4.      Dit is onwaar dat depressiewe gevoelens permanent verwyder kan word deur geestelike oefeninge.
5.      Dit is onwaar dat geluk �n keuse is.
6.      Dit is normaal vir tieners om buierig en nukkerig te wees, hulle het nie regtig depressie nie.
7.      Enige tiener kan vinnig uit �n depressie uitkom as hy regtig wil.
8.      As die tiener gaan praat oor sy depressiewe gemoed, gaan dit vererger.
 
HOOFSTUK 8         NA BO
DIE DOOD OP JOU DRUMPEL
Baie ouers slaan nie regtig ag op kinders en tieners wat selfmoord praatjies praat nie. Baie ouers praat nie oor selfmoord met hulle tieners nie, omdat hulle bang is dat hulle dalk gedagtes in hulle kinders kan in plant. Geen persoon kan selfmoord gedagtes binne in �n mens plant nie. Die gedagte aan selfmoord het sy oorsprong diep binne in die mens. Dit is die reaksie op ondraaglike innerlike pyn.
 In die geval waar �n tiener dogter se liefdes verhouding verbreek word, is sy geneig om emosionele ondersteuning te gaan soek by haar maats. Tiener seuns is meer geneig om terug te trek, en dit verduidelik die ho� selfmoord syfer onder seuns.
Dogters is meer geneig om selfmoord pogings aan te wend, maar seuns is 4 keer meer as dogters geneig om in die selfmoord poging te slaag.
 Nog �n rede vir tiener selfmoord is homoseksualisme. Navorsing het bewys dat meer as 30% van tienerselfmoorde die gevolg is van homoseksualiteit.
Selfmoord is gewoonlik die klimaks van akute algemene neerslagtigheid. Die tiener se stemming dui op volslae verdriet, hy is afgetrokke, en vra om verskoning vir enige iets wat hy reg of verkeerd kon gedoen het.
Die kind is in �n stadium waar hy heeltemal vergeet van al die norme en waardes wat hy geleer het. Die sukses van selfmoord is dikwels te wyte aan die snelheid daarvan.
 Die risiko van selfmoord verhoog as die tiener �n ouer, vriend of kennis ken wat selfmoord oorweeg of suksesvol gepleeg het. Hulle kan voel dat hulle liewer hulself wil verenig met die afgestorwene. Tieners wat dwelms gebruik, of alkohol gebruik, loop ook die risiko om selfmoord te pleeg, aangesien dwelms en alkohol die tiener soveel meer depressief kan maak, maar die nodige moed kan gee vir so �n daad. Tieners wat hulle self aanhoudend kritiseer, perfeksionisties is, en bo � gemiddelde presteerders is, loop ook die gevaar om selfmoord te pleeg, aangesien hulle baie sukkel om enige teleurstelling te verwerk, en dit sien as �n swakheid.
  Selfmoord GEDAGTES
Die tiener voel meestal uiters eensaam. Hy voel hulpeloos, bang, en erg negatief. Die tiener neem �n besluit met sy logiese rede en besluit dat dit nie die moeite werd is om te lewe nie. Die tiener kom tot �n gevolgtrekking dat daar net geen ander uitweg is nie. Die volgende kan as waarskuwings tekens dien:
Die tiener begin al sy besittings waaraan hy geheg is weggee, of weggooi. Die tiener kan baie skielik opgewek word, so asof hy skielik �n oplossing vir sy probleme gekry het.
Die tiener kan skielik besluit om met almal vrede te maak.
�n �Ongeluk� bv. �per ongeluk� gif drink.
Skielike abnormale verandering in die tiener se gemoedstemming.
Die tiener kan die indruk skep dat niks hom meer kan pla nie.
 Wanopvattings oor selfmoord
1.      Tieners wat dreig om selfmoord te pleeg, sal dit nooit doen nie � Die meeste mense dink dat dit meestal die stil tipe persone is, wat nie laat blyk dat hulle instaat is om selfmoord te pleeg nie, wat so iets doen. Daar is egter bewys dat tieners wat met sukses selfmoord pleeg, reeds maande vooraf vir die mense rondom hulle gewaarsku het dat hulle sulke planne het.
 2.      Tieners wat selfmoord oorleef het, wou net aandag trek � In 75% van alle geslaagde selfmoorde, het die tiener al voorheen probeer.
 3.      Tieners wat selfmoord pleeg is psigies versteurd � Die meeste tieners wat selfmoord pleeg was by hulle volle positiewe en in kontak met realiteit.
 4.      Sodra die tiener beter voel gaan hy nie selfmoord pleeg nie � Die meeste tiener selfmoorde vind plaas wanneer die tiener reeds begin beter voel. Die tiener het 15% groter kans om selfmoord te pleeg as hy begin beter voel.
 
HOOFSTUK 9         NA BO
 KRISIS � HELP ASSEBLIEF
Ouers verwyt hulself dikwels dat hulle nie die tekens van depressie by hul kinders raak gesien het nie.
Die ernstigheid van tiener depressie word nie altyd deur ouers raakgesien nie, nie omdat hulle nie omgee nie, maar omdat hulle nie weet waarna om op te let nie. Die tiener se buie word dikwels gesien as net weer �n stadium waardeur hulle gaan.

Sommige ouers voel dat hierdie probleem of pyn uit hulle midde sal verdwyn as hulle nie daaroor praat nie. �n Krisis bring ouers nie noodwendig nader aan mekaar nie. Albei ouers is in die krisis gedompel, en albei dra hulle eie pyn op �n afsonderlike manier. Ouers voel ook dat hulle in hulle opvoeding van die kind gevaal het wanneer depressie in die kind raakgesien word.

Dit is gewoonlik die ma van die tiener wat professionele hulp soek. Die Pa voel gewoonlik dat strenger dissipline en dalk �n goeie drag slae die kind sal help om vinnig uit sy bui uit te kom.

Wanneer ouers agterkom dat hul tiener depressief is, is dit raadsaam om self eers na hulle eie gevoelens op te let. Is jy negatief, ongeduldig en klaerig? Kinders is geneig om hul ouers na te boots. As jy die soort ouer is wat negatief reageer, is jy besig om jou kind ook so te leer. As jy as ouer besef jy is die grootste invloed, en jy faal, moet j� hulp kry.
Dit is uiters nodig om na die geheel prentjie te kyk van die krisis waarin die ouers hulle bevind. Sit stil en dink vir hoe lank jy agterkom dat jou kind vir jou vreemd optree.
Dit is baie belangrik dat jy �n kenner se hulp inroep wanneer jou kind vreemd begin optree. Kenners verskil oor die gebruik van tipe medikasie, maar dit mag nodig wees om met medikasie jou kind te help om die chemiese verandering, wat voorkom in die brein tydens depressie, te herstel. Die medikasie begin gewoonlik eers binne twee weke werk, en in die tydperk is dit noodsaaklik om die kind goed dop te hou.

Die kenner sal heel moontlik kyk of die toestand gesins verwant is. Gesins terapie, en indiwiduele terapie sal moontlik nodig wees

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking